2 Kings 4:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het opgegaan en op die kind gaan lê en sy mond op sy mond gelê en sy oë op sy oë en sy hande op sy hande; en die vlees van die kind het warm geword. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe gaan lê hy op die seun met sy mond op dié van die seun, sy oë op die seun s’n en sy hande op die kind s’n. Die seun se liggaam het begin warm word! |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna klim hy op en gaan lê op die kind en sit sy mond op die se mond en sy oë op die se oë en sy hande op die se hande en buig oor hom neer; en die vlees van die kind het warm geword. |
| Afrikaans 1983 | het Elisa op die bed geklim en bo-op die seun gaan lê. Hy het vol op die seun gelê met sy mond op die seun se mond, sy oë op sý oë, sy hande op sý hande, sodat die seun se liggaam warm geword het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe klim hy op die bed, gaan lê op die kind en plaas sy mond teen die kind se mond, sy oë teen sy oë en sy palms teen sy palms, en buig so oor hom. Die kind se liggaam het warm geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe gaan lê hy bo-op die seun en hy sit sy mond op die seun se mond, sy oë op die seun se oë en sy hande op die seun se hande. So het hy op die seun gelê totdat die seun se liggaam warm geword het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het op die kind gaan lê. Hy het met sy kop op die kind se koppie, sy oë oor die kind se ogies en sy hande op die kind se handjies gaan lê. Geleidelik het die liggaampie weer warm geword. |