2 Kings 4:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Gehasi het voor hulle uit gegaan en die staf op die aangesig van die seun gelê; maar daar was geen stem of gehoor nie. Daarom het hy hom weer tegemoetgegaan en hom meegedeel en gesê: Die kind is nie wakker nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Gehasi het vooruitgegaan en die kierie op die kind se gesig gesit, maar daar was geen teken van lewe nie. Hy gaan toe terug na Elisa toe en sê vir hom: “Die seun het nie wakker geword nie.”
Afrikaans 1933/1953 En Geh si het voor hulle uit gegaan en die staf op die gesig van die seun gelê; maar daar was geen stem en geen opmerksaamheid nie. Daarop gaan hy terug hom tegemoet en bring hom die berig en sê: Die seun het nie wakker geword nie.
Afrikaans 1983 Gehasi was voor hulle daar en hy het die kierie op die seun se gesig gesit, maar daar was geen geluid of enige teken van lewe nie. Hy gaan toe terug na Elisa toe en sê vir hom dat die seun nie bygekom het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gehasi het voor hulle uit gegaan en die wandelstok op die seun se gesig geplaas. Daar was egter geen geluid, geen reaksie nie. Toe het hy omgedraai om Elisa te ontmoet en hom ingelig: “Die seun het nie wakker geword nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gehasi het voor hulle by die vrou se huis gekom, en hy het die kierie op die seun se gesig gesit. Maar niks het gebeur nie, die seun het nie gelewe nie. Gehasi het teruggegaan, en toe hy by Elisa kom, het hy gesê: “Die seun het nie wakker geword nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gehasi het vinnig vooruitgegaan en Elisa se kierie op die kind se gesig neergesit. Niks het egter gebeur nie, daar was geen teken van lewe nie. Hy het teruggegaan na Elisa toe en gesê: “Die kind is nog steeds dood.”