2 Kings 4:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die moeder van die kind: So waar as die HERE leef en jou siel leef, ek sal jou nie verlaat nie. En hy het opgestaan en haar gevolg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die seun se ma sê: “So seker as die Here leef en u self ook leef, ek sal nie huis toe gaan tensy u met my saamgaan nie.” Elisa het toe opgestaan en saam met haar gegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die moeder van die seun sê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hy het opgestaan en agter haar aan geloop. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die seun se ma: “So seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie toelaat om agter te bly nie.” Hy het opgestaan en saam met haar gegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê die seun se moeder: “So waar as die Here leef, en u leef, ek sal u nie verlaat nie!” Hy het toe opgestaan en haar gevolg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die seun se ma het vir Elisa gesê: “Kom saam. So seker soos die Here lewe en jy lewe, ek sal nie gaan as jy nie saamgaan nie.” Elisa het opgestaan en hy het saam met haar gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vrou het egter gesê: “So seker as die Here en u leef, ek sal nie huis toe gaan as u nie saamkom nie!” Elisa het toe saam met haar gegaan. |