2 Kings 4:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hy vir Gehasi: Omgord jou heupe en neem my staf in jou hand en gaan heen; as jy iemand ontmoet, groet hom nie; en as iemand jou groet, antwoord hom nie weer nie; en lê my staf op die aangesig van die seuntjie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elisa sê toe vir Gehasi: “Maak jou gereed. Vat my kierie in jou hand en gaan. Moenie met enigiemand op die pad praat of hom groet nie. Gaan gou en sit die kierie op die seun se gesig.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sê vir Geh si: Gord jou heupe en neem my staf in jou hand en gaan heen; as jy iemand teëkom, groet hom nie; en as iemand jou groet, antwoord hom nie; en lê my staf op die gesig van die seun. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê hy vir Gehasi: “Maak gou klaar, vat my kierie en vertrek. As jy iemand raakloop, moet hom nie groet nie. Gaan sit my kierie op die gesig van die seun.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê hy vir Gehasi: “Omgord jou heupe, neem my wandelstok in jou hand en gaan! As jy iemand raakloop, mag jy hom nie groet nie; en as iemand jou groet, moet hom nie antwoord nie. Plaas dan my wandelstok op die seun se gesig. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elisa het vir Gehasi gesê: “Jy moet jou klere vasmaak en my kierie neem en na haar huis gaan. Wanneer jy langs die pad iemand kry, dan moet jy hom nie groet nie, en wanneer hy jou groet, dan moet jy nie antwoord nie. Gaan sit dan my kierie op die seun se gesig.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elisa het vir Gehasi gesê: “Kry jou reg om dadelik te gaan! Vat my kierie saam. Jy moet met niemand op pad praat nie. Gaan reguit na die kind toe en sit my kierie op sy gesig neer.” |