2 Kings 4:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe sy by die man van God op die heuwel kom, gryp sy hom aan sy voete; maar Gehasi het nader gekom om haar weg te stoot. En die man van God sê: Laat haar staan; want haar siel is gekwel in haar, en die HERE het dit vir my verberg en dit aan my nie te kenne gegee nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar toe sy by die man van God op die berg kom, val sy op die grond voor hom en gryp sy voete. Gehasi probeer om haar weg te stoot, maar die man van God sê: “Laat haar met rus! Sy is diep bedroef en die Here het dit nie vir my bekendgemaak nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe sy by die man van God op die berg kom, het sy sy voete gegryp. En Geh si het aangekom om haar weg te stoot; maar die man van God sê: Laat haar staan, want haar siel is bitter bedroef in haar, en die HERE het dit vir my verberg en my dit nie meegedeel nie. |
| Afrikaans 1983 | maar toe sy by die man van God op die berg kom, het sy aan sy voete vasgeklou. Toe Gehasi nader staan om haar weg te stoot, sê die man van God: “Los haar, sy is baie hartseer. Die Here het dit vir my verberg en vir my niks gesê nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar toe sy by die man van God op die berg kom, het sy sy voete vasgegryp. Gehasi het nader gekom om haar weg te stoot, maar die man van God het gesê: “Los haar, want sy is bitter ontsteld. Die Here het dit vir my verberg en my nie ingelig nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe sy by die man van God op die berg kom, gaan lê sy en sy hou Elisa se voete vas. Gehasi het nader gekom om haar weg te trek, maar die man van God het gesê: “Los haar, sy is baie hartseer, en die Here het dit nie vir my gewys nie, Hy het dit nie vir my gesê nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | maar verbygejaag na Elisa toe op die berg. Toe sy by hom kom, het sy voor hom op die grond geval en sy voete vasgegryp. Gehasi wou haar wegstoot van Elisa af, maar hy het gesê: “Los haar. Sy is baie ontsteld. Hier is groot fout, maar die Here het niks daarvan vir my gesê nie.” |