2 Kings 4:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sy het toe gegaan en by die man van God op die berg Karmel gekom. En toe die man van God haar van ver af sien, sê hy aan sy dienaar Gehasi: Kyk, daar is daardie Sunamitiese. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy gaan toe en het by die man van God, by Karmelberg, aangekom. Die man van God het haar in die verte sien aankom. Hy sê vir Gehasi: “Kyk, dis die vrou uit Sunem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sy het dan weggegaan en by die man van God op die berg Karmel gekom. Sodra die man van God haar op 'n afstand sien, sê hy aan sy dienaar Geh si: Kyk, daar is die Sunamitiese vrou! |
| Afrikaans 1983 | Sy is toe vort en het by die man van God aangekom by Karmelberg. Toe die man van God haar op 'n afstand sien aankom, sê hy vir Gehasi sy slaaf: “Dis mos die Sunemmitiese vrou daardie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy het gegaan en by die man van God, by die berg Karmel, aangekom. Toe die man van God haar aan die oorkant sien, sê hy vir Gehasi, sy dienaar: “Kyk, dit is die Sunemitiese vrou daardie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sy by die man van God op Karmel-berg kom, het hy haar sien aankom en vir die jongman Gehasi by hom gesê: “Kyk, hier kom die vrou van Sunem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy het na Elisa toe gery waar hy op die Karmelberg gebly het. Elisa het haar gesien toe sy nog ’n ent weg was en vir Gehasi gesê: “Kyk daar. Dit is die vrou van Sunem. |