2 Kings 4:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe saal sy 'n esel op en sê vir haar dienaar: Ry en gaan vorentoe; Moenie jou ry vir my verslap nie, tensy ek jou sê.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy saal die donkie op en sê vir die dienaar: “Maak gou! Jaag die donkie aan en moenie stadiger gaan tensy ek vir jou sê nie.”
Afrikaans 1933/1953 Toe saal sy die esel op en sê aan haar dienaar: Jaag aan en gaan voort; hou my nie op in die ry nie, behalwe as ek jou sê.
Afrikaans 1983 die donkie opgesaal en vir haar slaaf gesê: “Jaag die donkie aan. Moenie dat hy gaan staan nie, behalwe as ek vir jou so sê.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het sy die donkiemerrie opgesaal en vir haar dienaar gesê: “Vat voor en gaan! Moet my nie in die ry ophou nie, behalwe as ek vir jou sê.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy het die donkie laat opsaal en vir die jongman gesê: “Jy moet die donkie vinnig jaag, jy moet net stadiger gaan wanneer ek vir jou sê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en onmiddellik die donkie opgesaal. Sy het vir die werker gesê: “Jaag die donkie aan en moet nie stadiger ry nie, behalwe as ek so sê.”