2 Kings 4:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Waarom sal jy vandag na hom toe gaan? dit is nie nuwemaan of sabbat nie. En sy sê: Dit sal goed gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hoekom wil jy dan vandag gaan?” wil hy weet. “Dit is tog nie ’n Nuwemaanfees of ’n Sabbat nie!” Maar sy sê: “Alles is reg.”
Afrikaans 1933/1953 En hy sê: Waarom gaan jy vandag na hom? Dit is geen nuwemaan of sabbat nie. En sy antwoord: Wees maar gerus!
Afrikaans 1983 “Maar waarom gaan jy vandag na hom toe,” het haar man gevra, “dit is mos nie nuwemaan of sabbat nie?” Maar sy het hom gerusgestel,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Waarom gaan jy vandag na hom toe?” het hy gevra. “Dit is mos nie nuwemaan of Sabbat nie.” Sy het geantwoord: “Wees gerus!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Haar man het gevra: “Hoekom wil jy vandag na hom toe gaan? Dit is nie Nuwemaan-fees of Sabbatdag nie.” Die vrou het gesê haar man moenie bekommerd wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Waarom vandag?” het haar man gevra. “Dit is tog nie vandag nuwemaan of sabbat nie.” “Toemaar, wees gerus,” het sy geantwoord