2 Kings 4:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy het opgegaan en hom op die bed van die man van God neergelê en die deur vir hom toegesluit en uitgegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy dra hom toe boontoe en lê hom op die bed van die man van God neer, gaan uit en trek die deur toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy het opgeklim en hom op die bed van die man van God neergelê en agter hom toegesluit en uitgegaan. |
| Afrikaans 1983 | Sy het hom boontoe gedra en hom neergelê op die bed van die man van God, en toe sy uitgaan, het sy die deur agter haar toegetrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy het opgegaan, hom op die man van God se bed neergelê en hom daar toegesluit. Sy het uitgegaan, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy ma het hom na die bo-kamer gedra en sy het hom neergesit op die man van God se bed. Sy het toe die deur gesluit en ondertoe gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy het die liggaampie opgedra na Elisa se kamer toe en hom op die bed neergelê. Daarna het sy uitgegaan en die deur gesluit. |