2 Kings 4:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nadat hy hom geneem en na sy moeder gebring het, het hy tot die middag op haar knieë gesit en daarna gesterf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die dienaar het hom huis toe ge-neem en sy ma het hom op haar skoot vasgehou. Teen die middag het hy egter gesterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het hom gedra en by sy moeder gebring. En hy het op haar knieë gesit tot die middag en gesterwe. |
| Afrikaans 1983 | Die slaaf het hom na sy ma toe gedra. Hy het op haar skoot gelê tot die middag, en toe is hy dood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het hom opgetel en na sy moeder geneem. Hy het op haar skoot gesit tot die middag, en toe sterf hy. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die jongman het die seun opgetel en hy het hom na sy ma toe geneem. Die seun het op haar skoot gesit tot die middag, en toe het hy gesterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hy met die kind by die huis kom, het sy ma hom op haar skoot vasgehou, maar hy is teen die middag dood. |