2 Kings 4:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Teen hierdie tyd, volgens die tyd van die lewe, moet jy 'n seun omhels. En sy sê: Nee, my heer, jy man van God, lieg nie vir u dienares nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Volgende jaar hierdie tyd sal jy ’n seun in jou arms vashou!” “Nee, Meneer!” maak sy beswaar. “Asseblief, man van God, moenie vir my onwaarhede vertel nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | sê hy: Sulke tyd oor 'n jaar sal jy 'n seun omhels. En sy antwoord: Ag nee, my heer, man van God, moenie vir u dienares lieg nie! |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Elisa: “Hierdie tyd oor 'n jaar sal jy 'n seun in jou arms hou.” Sy antwoord: “Nee, Meneer, u is 'n man van God, u moet tog nie vir my iets sê wat nie so kan wees nie!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Teen hierdie tyd oor 'n jaar,” het Elisa gesê, “sal jy 'n seuntjie omhels.” Maar sy het gesê: “Nee, my heer, man van God! Moenie vir u slavin 'n leuen vertel nie! ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Elisa vir die vrou: “Jy sal volgende jaar hierdie tyd jou eie seun in jou arms hou.” Die vrou het gesê: “Nee, Meneer, jy is 'n man van God, jy moenie vir my jok nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het vir haar gesê: “Teen dié tyd volgende jaar sal jy ’n seuntjie in jou arms vashou.” Sy het skerp geantwoord: “Ag nee, Meneer! U is tog ’n man van God. Moenie ’n leuen vertel en my vals hoop gee nie!” |