2 Kings 4:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Wat moet dan vir haar gedoen word? En Gehasi antwoord: Voorwaar, sy het geen kind nie, en haar man is oud. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elisa vra: “Is daar nie tog iets wat ons vir haar kan doen nie?” Gehasi sê toe: “Sy het nie ’n seun nie en haar man is al oud.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê hy: Wat kan daar dan vir haar gedoen word? En Geh si antwoord: Voorwaar, sy het geen seun nie, en haar man is oud. |
| Afrikaans 1983 | Hy vra toe: “Maar kan daar nie iets vir haar gedoen word nie?” Waarop Gehasi antwoord: “Ja tog, sy het nie 'n seun nie, en haar man is al oud.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elisa sê toe: “Maar wat kan vir haar gedoen word?” Gehasi het geantwoord: “Wel, sy het nie 'n seun nie, en haar man is oud.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elisa sê toe: “Ek wonder wat ek vir haar kan doen.” En toe sê Gehasi: “Ek weet wat jy vir haar kan doen. Sy het nie 'n seun nie, en haar man is oud.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Later het Elisa vir Gehasi gevra: “Wat kan ons tog vir die vrou doen?” “Daar is tog iets,” het Gehasi gesê, “sy het nie ’n seun nie en haar man is al ’n ou man.” |