2 Kings 4:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hom: Sê nou vir haar: Kyk, jy het met al hierdie sorg vir ons gesorg; wat moet vir jou gedoen word? sou jy aan die koning of aan die leërowerste gespreek word? En sy antwoord: Ek woon onder my eie mense.
Afrikaans (NLV) 2011 sê Elisa vir Gehasi: “Sê vir haar: ‘Ons waardeer al die moeite wat jy vir ons gedoen het. Maar wat kan ons vir jou doen? Moet ek dalk ’n goeie woordjie vir jou by die koning doen, of dalk by die hoof van die leër?’” “Nee,” antwoord sy. “Ek is gelukkig tussen my mense wat vir my omgee.”
Afrikaans 1933/1953 sê hy vir hom: Vra haar tog: Kyk, jy het al hierdie sorg aan ons bestee; wat kan daar vir jou gedoen word? Kan daar vir jou 'n goeie woord gedoen word by die koning of die leërowerste? Maar sy antwoord: Ek woon onder my volk.
Afrikaans 1983 sê hy vir sy slaaf: “Sê vir haar: Jy het al hierdie moeite vir ons gedoen. Wat kan ek vir jou doen? Sal ek vir jou 'n woordjie doen by die koning of by die hoof van die leër?” “Ek woon hier tussen my eie mense,” was haar antwoord.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê hy vir Gehasi: “Sê asseblief vir haar, ‘Kyk, jy het vir ons al hierdie moeite gedoen. Wat kan daar nou vir jou gedoen word? Kan ons vir jou 'n woord doen by die koning of die bevelvoerder van die leër? ’ ” Maar sy het gesê: “Ek woon onder my eie mense.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Elisa vir Gehasi: “Sê vir haar: Jy het baie gedoen om vir ons te help. Wat kan ons vir jóú doen? Kan ek vir die koning of vir die hoof van die leër iets sê oor jou?” Die vrou het geantwoord: “Nee, ek woon by my eie mense.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het hy vir Gehasi gesê: “Sê vir haar: Ons waardeer die baie moeite wat jy vir ons gedoen het. Is daar dalk iets wat ek vir jou kan doen? Kan ek vir jou ’n goeie woord by die koning doen, of dalk by die hoof van die leër?” “Nee, dankie,” het sy geantwoord, “ek woon doodgelukkig hier tussen my mense.”