2 Kings 3:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die koning van Israel en die koning van Juda en die koning van Edom gegaan, en hulle het 'n langpad van sewe dae se reis gaan haal, en daar was geen water vir die leër en vir die vee wat hulle gevolg het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning van Edom en sy leër het ook saam met hulle opgetrek. Al drie leërs het met ’n ompad sewe dae lank deur die woestyn getrek. Maar daar was geen water vir die soldate of hulle pakdiere nie.
Afrikaans 1933/1953 So het die koning van Israel dan getrek en die koning van Juda en die koning van Edom; maar nadat hulle 'n pad van sewe dae omgetrek het, was daar geen water vir die leër en die vee wat in hulle voetspore gevolg het nie.
Afrikaans 1983 Die koning van Israel, die koning van Juda en die koning van Edom het saam opgetrek. Nadat hulle sewe dae gevorder het, was daar nie meer water vir die manskappe en vir die diere by hulle nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning van Israel, die koning van Juda en die koning van Edom het vertrek, maar nadat hulle sewe dae lank met 'n ompad getrek het, was daar nie meer water oor vir die leër of die diere by hulle nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Israel, die koning van Juda en die koning van Edom het toe deur die woestyn gegaan, maar ná sewe dae was daar nie meer water vir die manne en die diere wat by hulle was nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die konings van Israel en Juda het met hulle leërs vertrek. Die koning van Edom het ook met sy leër kom help. Na ’n week se opmars deur die woestyn was hulle egter diep in die moeilikheid. Daar was nie meer water vir mens of dier nie.