2 Kings 3:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gegaan en na Jósafat, die koning van Juda, gestuur om te sê: Die koning van Moab het teen my in opstand gekom; wil jy saam met my teen Moab trek om te veg? En hy sê: Ek sal optrek: Ek is soos jy, my volk soos jou volk en my perde soos jou perde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy stuur toe ook die volgende boodskap aan koning Josafat van Juda: “Die koning van Moab het teen my gerebelleer. Sal jy saam met my teen hom veg?” Josafat het geantwoord: “Maar natuurlik! Ek is saam met jou in die saak! My soldate is tot jou beskikking, soos ook my perde.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het hy Josafat, die koning van Juda, laat weet: Die koning van Moab het van my afvallig geword; sal u saam met my trek om teen die Moabiete te veg? En hy antwoord: Ek sal optrek; ek sal wees soos u, my volk soos u volk, my perde soos u perde. |
| Afrikaans 1983 | Hy het aan koning Josafat van Juda die volgende boodskap gestuur: “Die koning van Moab het teen my gerebelleer. Gaan jy hom saam met my aanval?” Josafat het geantwoord: “Ek sal saam met jou opruk. Ek en jy is een. My manskappe is jou manskappe, en my perde is jou perde.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het ook gegaan en vir Josafat, koning van Juda, 'n boodskap gestuur: “Die koning van Moab verset hom teen my. Trek jy saam met my teen Moab op vir die geveg?” Hy het geantwoord: “Ek sal optrek. Ek is soos jy; my volk is soos jou volk; my perde soos jou perde.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het ook 'n boodskap gestuur na koning Josafat van Juda en gevra: “Die koning van Moab het opstandig geword teen my. Sal jy saam met my teen die Moabiete gaan oorlog maak?” Josafat het geantwoord: “Ek sal saamgaan. Ek sal by jou wees, my manne sal by jou manne wees, en my perde by jou perde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het ook vir Josafat, koning van Juda, ’n boodskap gestuur: “Die koning van Moab het teen my in opstand gekom. Sal jy saam met my teen die Moabiete gaan veg?” Josafat het geantwoord: “Natuurlik gaan ek saam. Ons is bondgenote. Jy kan my soldate en perde by joune tel.” |