2 Kings 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Mesa, die koning van Moab, was 'n skaapwagter en het aan die koning van Israel honderdduisend lammers en honderdduisend ramme saam met die wol teruggegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Mesa van Moab en sy onderdane was skaapboere. Hulle het aan die koning van Israel ’n jaarlikse belasting van 100 000 lammers en die wol van 100 000 ramme betaal.
Afrikaans 1933/1953 En Mesa, die koning van Moab, was 'n skaapboer, en hy het aan die koning van Israel gelewer honderd duisend lammers en honderd duisend ramme se wol.
Afrikaans 1983 Koning Mesa van Moab was 'n skaapboer wat honderd duisend lammers en die wol van honderd duisend ramme aan die koning van Israel moes lewer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mesa, die koning van Moab, was 'n skaapteler. Hy moes honderdduisend lammers en honderdduisend ramme se wol aan die koning van Israel lewer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Mesa van Moab was 'n skaapboer. Hy moes elke jaar vir die koning van Israel 100 000 lammers en die wol van 100 000 skaap-ramme gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Mesa van Moab en sy mense was skaapboere. Hulle het jaarliks belasting van 100 000 lammers en 100 000 skape se wol aan Israel betaal. Dit was die bewys van hulle lojaliteit aan Israel.