2 Kings 3:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hy sy oudste seun wat in sy plek moes regeer, geneem en hom as brandoffer op die muur geoffer. En daar was groot verontwaardiging teen Israel, en hulle het van hom af weggetrek en na hul land teruggekeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe vat hy sy oudste seun wat hom sou opvolg en offer hom as ’n brandoffer op die stadsmuur. Dit was vir Israel so afskuwelik dat hulle teruggetrek het na hulle eie land toe.
Afrikaans 1933/1953 Daarop neem hy sy eersgebore seun, wat in sy plek koning sou word, en offer hom as brandoffer op die muur. Toe het 'n groot toorn oor Israel gekom, sodat hulle van hom weggetrek en na hulle land teruggegaan het.
Afrikaans 1983 Toe vat die koning van Moab sy oudste seun wat in sy plek sou koning word en offer hom as brandoffer op die stadsmuur. Dit het die Israeliete so geskok dat hulle daarvandaan vertrek en na hulle land toe teruggegaan het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy neem toe sy eersgebore seun, wat in sy plek koning sou word, en offer hom as brandoffer op die stadsmuur. Toe breek daar 'n verskriklike oordeel los oor Israel, en Israel het van Mesa af weggetrek en teruggekeer na hulle land.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe vat die koning van Moab sy oudste seun wat ná hom koning sou word, en hy offer hom op die muur. Hy het hom heeltemal verbrand. Die Israeliete was só geskok en ontsteld dat hulle weggegaan het, terug na hulle land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe vat hy sy oudste seun, wat hom as koning sou opvolg, en verbrand hom as offer op die stad se muur. Die woede wat hierdie offer veroorsaak het, het die Israeliete laat onttrek en hulle na hulle land laat teruggekeer.