2 Kings 3:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die koning van Moab sien dat die geveg vir hom te swaar was, het hy sewe honderd man wat swaarde uittrek, saamgeneem om tot by die koning van Edom deur te breek, maar hulle kon nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die koning van Moab besef dat hy besig was om die oorlog te verloor, het hy 700 van sy soldate teen die koning van Edom gelei in ’n desperate poging om deur die vyandelike linies te breek, maar hulle kon dit nie doen nie.
Afrikaans 1933/1953 en die koning van Moab sien dat die geveg vir hom te swaar word, het hy sewe honderd man wat die swaard uittrek, met hom saamgeneem om na die koning van Edom deur te breek; maar hulle kon nie.
Afrikaans 1983 Toe die koning van Moab sien dat hy die geveg gaan verloor, het hy sewe honderd man wat met swaarde bewapen was, gevat in 'n poging om by die koning van Edom deur te breek, maar hulle kon nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die koning van Moab sien dat die geveg vir hom te hewig raak, het hy sewehonderd man, gewapen met swaarde, met hom saamgeneem om deur te breek na die koning van Edom, maar hulle kon nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die koning van Moab sien dat die drie konings sy manne oorwin, het hy 700 manne wat met swaarde veg, saam met hom geneem. Hulle het probeer om tussen die manne van die drie konings deur te gaan tot by Edom, maar hulle het dit nie reggekry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die koning van Moab sien hoe benard hulle situasie was, het hy 700 soldate gevat en probeer deurbreek waar die Edomiete gestaan het. Hulle kon egter nie daarin slaag om uit te kom nie.