2 Kings 3:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die stede afgebreek en op elke goeie stuk grond elkeen sy klip gegooi en dit gevul; en hulle het al die waterputte toegemaak en al die goeie bome afgekap maar die slingers het rondgegaan en dit verslaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het die stede verwoes, die landerye met klippe bestrooi deurdat elke manskap ’n klip daarop gegooi het. Hulle het ook die fonteine toegestop en al die bruikbare bome afgekap. Uiteindelik was net Kir-Geres oor. Maar die soldate met slingervelle het die stad omsingel en dit ingeneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het hulle die stede verwoes en op elke goeie stuk grond elkeen sy klip gegooi, sodat dit daarvan vol was, en elke waterfontein toegestop en elke goeie boom omgekap, totdat hulle net in Kir-Har,set die klipmure daarvan laat oorbly het. Maar toe die slingeraars dit omsingel en beskiet, |
| Afrikaans 1983 | Hulle het die stede in puin gelê en elke bewerkbare stuk grond met klippe besaai: elkeen het 'n klip gegooi om dit vol klippe te kry. Elke fontein het hulle toegestop en elke goeie boom afgekap. Uiteindelik het net Kir-Geres oorgebly. Die soldate met slingervelle het die stad omring en dit ingeneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die stede het hulle afgebreek, en op elke goeie stuk land het elkeen 'n klip gegooi, en dit so vol klippe gemaak. Elke fontein het hulle toegestop en elke goeie boom het hulle gevel, totdat net die klipmuur by Kir-Geres oorgebly het. Toe dié wat met slingervelle gooi, die stad omsingel en aanval, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het die stede verwoes. Hulle het al die vrugbare grond vol klippe gegooi en al die fonteine toegemaak en al die vrugtebome afgekap. Later het net een stad se mure bly staan, dit was Kir-Gareset. Maar die manne wat met slingervelle gooi, het die stad van al die kante aangeval en hulle het dit oorwin. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het die stede vernietig, die landerye vol klippe gegooi, al die putte toegestop en al die goeie bome afgekap. Later het net Kir-Geres, met ’n klipmuur rondom, oorgebly. Dit was egter reeds omsingel en is met klippe bestook. |