2 Kings 3:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle by die laer van Israel kom, het die Israeliete hulle klaargemaak en die Moabiete verslaan, sodat hulle voor hulle uit gevlug het; maar hulle het uitgetrek en die Moabiete verslaan, in hulle land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle die kamp van die Israeliete bereik, het die leër van Israel op hulle afgestorm en die Moabiete aangeval sodat hulle omgedraai en gevlug het. Die leër van Israel het hulle tot in die land van Moab agtervolg en op hulle pad alles vernietig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe hulle by die laer van Israel kom, het die Israeliete hulle gereedgemaak en die Moabiete verslaan, sodat hulle voor hul uit gevlug het; en hulle het dieper ingetrek en die Moabiete verslaan. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle by die kamp van die Israeliete kom, het die Israeliete hulle aangeval en verslaan. Die Israeliete het die Moabiete voor hulle uit op die vlug gedryf, Moab binnegedring en dit verwoes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar toe hulle by die kamp van die Israeliete kom, staan die Israeliete op en verslaan die Moabiete. Hulle het voor die Israeliete uit gevlug. Hulle het die land binnegedring en die Moabiete verslaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe die Moabiete by die tente van die Israeliete kom, het die Israeliete hulle aangeval en oorwin. Die Moabiete het gevlug. Die Israeliete het verder in die land Moab ingegaan en hulle het die Moabiete daar oorwin. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle egter by die Israeliete se kamp kom, het die Israeliete hulle aangeval. Die Moabiete het omgespring en probeer vlug, maar die Israeliete het hulle agtervolg en oorwin. |