2 Kings 3:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hulle: Dit is bloed: die konings is sekerlik gedood, en hulle het mekaar verslaan; nou dan, Moab, om te buit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dit is bloed!” roep die Moabiete uit. “Die konings het mekaar aangeval en maak nou mekaar dood! Kom, laat ons die buit gaan plunder!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sê: Dit is bloed; die konings het sekerlik mekaar aangeval en die een die ander verslaan; en nou op die buit af, julle Moabiete! |
| Afrikaans 1983 | “Dis bloed!” het hulle geskree. “Die konings het met mekaar begin veg en mekaar doodgemaak. Storm op die buit af, Moabiete!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sê toe: “Dit is bloed! Die konings het beslis met mekaar geveg en die een het die ander verslaan! Nou, na die buit, Moabiete!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het gesê: “Dit is bloed. Die drie konings het miskien teen mekaar begin veg en hulle het mekaar se manne doodgemaak. Kom, Moabiete, ons moet hulle goed gaan vat!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Moabiete het vir mekaar gesê: “Dit is bloed daardie! Die drie leërs het seker onder mekaar begin veg en mekaar uitgewis. Kom ons gaan maak die buit bymekaar!” |