2 Kings 3:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe al die Moabiete hoor dat die konings opgetrek het om teen hulle te veg, het hulle almal bymekaargemaak wat wapenrusting kon aantrek, en daarbo, en op die grens gaan staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Intussen het al die Moabiete gehoor dat die konings opgetrek het om teen hulle te veg. Hulle het toe elke weerbare man, jonk en oud, opgeroep en hulle al langs die grens laat stelling inneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe al die Moabiete hoor dat die konings optrek om teen hulle te veg, is hulle opgeroep, almal wat die gord vasgespe en wat ouer was, en hulle het by die grens gaan staan. |
| Afrikaans 1983 | Die Moabiete het verneem dat die konings opruk om teen hulle te veg. Almal wat bewapen kon word, jonk en oud, is opgekommandeer en het by die grens gaan stelling inneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Intussen het al die Moabiete gehoor dat die konings optrek om teen hulle oorlog te voer. Elkeen wat al 'n swaard kon aangord, en ouer, is opgeroep en het by die grens stelling ingeneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die Moabiete het gehoor dat die drie konings wil kom oorlog maak teen hulle, en hulle het al die manne geroep wat kon veg. Hulle het by die grens van die land gaan staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Moabiete het intussen gehoor dat die konings van Israel, Juda en Edom op pad was om teen hulle te veg. Hulle het elke weerbare man, jonk en oud, opgeroep en hulle na die front toe gestuur. |