2 Kings 3:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die môre toe die spysoffer gebring is, kom daar water op die pad na Edom, en die land was vol water.
Afrikaans (NLV) 2011 En dit was ook so. Die volgende dag teen die tyd van die oggendoffer het daar skielik water gekom! Dit het uit die rigting van Edom aangestroom sodat daar gou-gou oral water was.
Afrikaans 1933/1953 En die volgende môre, omtrent die tyd dat hulle die spysoffer bring, kom daar meteens water van die kant van Edom af, sodat die land vol water geword het.
Afrikaans 1983 Die volgende môre, teen die tyd dat die offer gewoonlik gebring word, het daar onverwags water uit die rigting van Edom gekom, en die hele gebied het vol water geloop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volgende oggend, op die tyd wanneer die •graanoffer gebring word, kom daar toe skielik water uit die rigting van Edom! Die gebied is met water gevul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En die volgende oggend, die tyd wanneer die priesters die koring-offer moet bring, kom daar skielik water van Edom af, en die land het vol water geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende oggend was dit toe ook so: teen die tyd van die oggendoffer het daar soveel water van Edom se kant af gekom dat die hele gebied onder water was.