2 Kings 3:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE; maar nie soos sy vader en soos sy moeder nie, want hy het die beeld van Baäl wat sy vader gemaak het, verwyder. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here, maar hy was nie so boos soos sy pa en ma nie. Hy het minstens die klippilaar wat sy pa ter ere van Baäl opgerig het, afgebreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, maar nie soos sy vader en sy moeder nie, want hy het die klippilaar van Baäl verwyder wat sy vader gemaak het. |
| Afrikaans 1983 | Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, maar nie so erg soos sy pa en ma nie: hy het darem die klippilaar van Baäl wat deur sy pa gemaak is, verwyder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, maar nie so erg soos sy vader en sy moeder nie. Hy het wel die gedenksteen van Baäl wat sy vader gemaak het, verwyder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, maar dit was nie so sleg soos die dinge wat sy pa en sy ma gedoen het nie. Hy het die klip-paal van Baäl weggevat. Dit was die klip-paal wat sy pa laat maak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here was nie tevrede met die manier waarop hy regeer het nie, maar hy was ten minste nie so erg soos sy ouers, Agab en Isebel, nie. Hy het darem die gedenksteen wat Agab vir die afgod Baäl opgerig het, laat wegneem. |