2 Kings 3:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle sal elke omheinde stad en elke uitgesoekte stad verslaan en elke goeie boom omkap en al die waterfonteine toestop en elke goeie stuk grond met klippe vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sal uitsoekstede verower, selfs die versterkte stede. Julle sal al die mooi bome afkap, hulle fonteine toestop en hulle landerye met klippe verniel.”
Afrikaans 1933/1953 En julle sal elke versterkte stad en elke uitgesoekte stad oorweldig en elke goeie boom omkap en al die waterfonteine toestop, en elke goeie stuk grond sal julle met klippe bederwe.
Afrikaans 1983 Julle sal al hulle vestingstede, die uitsoekstede, inneem, al die mooi bome uitkap, al die fonteine toestop, en al die mooi lande vol klippe gooi.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle sal elke versterkte stad, elke uitsoekstad, verslaan; julle sal elke goeie boom vel, al die waterfonteine toestop en elke goeie stuk land onbruikbaar maak met klippe.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal al die stede wat sterk mure het, oorwin. Julle sal al die belangrike stede afbreek en die vrugtebome afkap en die fonteine toemaak, en die vrugbare grond vol klippe gooi.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle sal al hulle mooi en versterkte stede inneem. Julle sal al die goeie bome afkap, al die putte opvul en al die bruikbare landerye met klippe bederf.”