2 Kings 3:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is maar 'n ligte ding in die oë van die HERE: Hy sal ook die Moabiete in julle hand gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Dis nog maar die minste wat die Here sal doen. Hy sal vir julle ook die oorwinning oor die leër van Moab gee.
Afrikaans 1933/1953 Ja, dit is nog te gering in die oë van die HERE: Hy sal ook die Moabiete in julle hand gee.
Afrikaans 1983 Vir die Here is dit maar iets gerings om te doen: Hy sal ook vir Moab in julle mag oorgee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En dit sal 'n kleinigheid wees in die oë van die Here. Hy gaan Moab ook in julle hand gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En dit is vir die Here maklik om dit te doen. Hy sal julle ook laat wen teen die Moabiete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar dit is net ’n kleinigheid vir die Here. Hy sal julle ook die Moabiete laat oorwin.