2 Kings 3:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Elísa: So waar as die HERE van die leërskare leef voor wie ek staan, waarlik, as ek nie die teenwoordigheid van Jósafat, die koning van Juda, aanskou het nie, sou ek nie na jou kyk en jou nie sien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elisa antwoord: “So seker as die Here, die Almagtige, leef, Hy vir wie ek dien, ek sou my nie eens aan jou gesteur het nie as dit nie was vir die respek wat ek vir koning Josafat van Juda het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En El¡sa sê: So waar as die HERE van die leërskare leef voor wie se aangesig ek staan, as ek nie agting gehad het vir die persoon van Josafat, die koning van Juda, nie, ek sou na u nie kyk en u nie aansien nie. |
| Afrikaans 1983 | Elisa het geantwoord: “So seker as die Here die Almagtige lewe, in wie se diens ek is, as dit nie was dat ek agting het vir die persoon van koning Josafat van Juda nie, sou ek my nie eens verwerdig het om na jou te kyk nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop antwoord Elisa: “So waar as die Here, Heerser oor alle magte, leef, Hy in wie se diens ek staan, as dit nie was dat ek Josafat, koning van Juda, in ag neem nie, sou ek nie eers na jou gekyk of jou raakgesien het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elisa het gesê: “So seker soos die Here lewe, die Here wat oor alles regeer, die Here vir wie ek werk, ek sou nie na jou gekyk het nie, en ek sou jou nie gesien het nie. Maar ek respekteer vir Josafat koning van Juda, daarom sal ek doen wat jy vra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elisa het toe geantwoord: “Ek praat in die Naam van die Here, die Groot Bevelvoerder. Ek sal die Here net raadpleeg omdat ek sulke hoë agting vir Josafat het. As dit net jy was, sou ek nie eens na jou geluister het nie. |