2 Kings 3:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Elísa aan die koning van Israel: Wat het ek met jou te doen? gaan na die profete van jou vader en na die profete van jou moeder. Toe sê die koning van Israel vir hom: Nee, want die HERE het hierdie drie konings bymekaargeroep om hulle in die hand van Moab te gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek wil niks met jou te doen hê nie,” sê Elisa vir die koning van Israel. “Gaan na jou pa en ma se profete!” Maar koning Joram antwoord: “Nee! Die Here het ons drie konings hiernatoe laat kom om ons aan die koning van Moab oor te lewer.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar El¡sa het aan die koning van Israel gesê: Wat het ek met u te doen? Gaan na die profete van u vader en die profete van u moeder! Maar die koning van Israel antwoord hom: Ag nee, want die HERE het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee. |
| Afrikaans 1983 | Elisa het vir die koning van Israel gesê: “Het ons nog iets vir mekaar te sê? Gaan na die profete van jou pa en jou ma toe.” Maar die koning van Israel het vir hom gesê: “Nee, dit is tog die Here wat hierdie drie konings geroep het net om hulle in die mag van Moab oor te gee.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elisa het vir die koning van Israel gesê: “Ek het met jou niks te doen nie. Gaan na die profete van jou pa en jou ma!” Maar die koning van Israel sê vir hom: “Nee, want die Here het hierdie drie konings ontbied om hulle oor te gee in die hand van Moab.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Elisa het vir die koning van Israel gesê: “Hoekom kom jy na mý toe? Gaan na jou pa en jou ma se profete toe.” Die koning van Israel sê toe: “Nee, want ek dink die Here het ons drie konings geroep om ons vir die Moabiete te gee.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elisa het egter vir Joram gesê: “Ek wil niks met jou te doen hê nie. Gaan na jou pa en ma se profete toe. Hulle het mos ander gode gedien.” Joram het geantwoord: “Dit sal nie help nie. Dit was juis die Here wat ons drie hierheen laat kom het sodat die Moabiete ons kan oorwin!” |