2 Kings 3:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jósafat sê: Die woord van die HERE is met hom. Toe het die koning van Israel en Jósafat en die koning van Edom na hom afgegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Josafat sê toe: “Die Here praat deur hom.” Die konings van Israel, Juda (naamlik Josafat) en Edom het Elisa gaan raadpleeg.
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Josafat: By hom is die woord van die HERE. So het die koning van Israel en Josafat en die koning van Edom dan na hom afgegaan.
Afrikaans 1983 Toe het Josafat gesê: “Die woord van die Here is by Elisa.” Daarna het Josafat en die konings van Israel en Edom na Elisa toe gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê Josafat: “By hom is die woord van die Here! ” Toe gaan die koning van Israel en Josafat en die koning van Edom af na hom toe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josafat sê toe: “Ons kan vir Elisa vra wat die Here sê.” Die drie konings het toe na Elisa toe gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Kom ons gaan na hom toe,” het Josafat gesê, “die Here sal deur hom met ons praat.” Die drie konings het toe na Elisa toe gegaan.