2 Kings 3:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Jósafat sê: Is hier nie 'n profeet van die HERE, dat ons die HERE deur hom kan raadpleeg nie? En een van die dienaars van die koning van Israel het geantwoord en gesê: Hier is Elisa, die seun van Safat, wat water in die hande van Elía gegooi het.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar koning Josafat van Juda vra: “Is daar nie ’n profeet van die Here saam met ons nie? As hier een is, kan ons die Here deur hom vra wat ons moet doen.” Een van koning Joram se offisiere antwoord hom: “Elisa seun van Safat is hier. Hy was Elia se persoonlike dienaar.”
Afrikaans 1933/1953 En Josafat vra: Is hier nie 'n profeet van die HERE, dat ons deur hom die HERE kan raadpleeg nie? Toe antwoord een van die koning van Israel se dienaars en sê: Hier is El¡sa, die seun van Safat, wat water op die hande van El¡a gegiet het.
Afrikaans 1983 Maar Josafat het gevra: “Is hier nie 'n profeet van die Here deur wie ons die Here kan raadpleeg nie?” Een van die amptenare van die koning van Israel het geantwoord: “Elisa seun van Safat is hier. Hy het sy opleiding by Elia gekry.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Josafat het gevra: “Is hier nie 'n profeet van die Here, sodat ons deur hom die Here kan raadpleeg nie?” Een van die koning van Israel se dienaars antwoord toe en sê: “Elisa, seun van Safat, wat water gegooi het op Elia se hande, is hier.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar toe sê Josafat: “Is hier 'n profeet van die Here? Dan kan ons vir die Here vra wat sal gebeur.” Een van die koning van Israel se amptenare het geantwoord: “Ja, Elisa seun van Safat is hier. Hy is die man wat vir Elia bedien het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josafat het egter gevra: “Is hier niemand onder die soldate wat ’n boodskapper van die Here is nie? As daar so iemand is, kan ons deur hom laat vra wat die Here se plan met ons is.” Een van die Israelitiese offisiere het gesê: “Elisa, Safat se seun, is hier. Hy het vroeër ten nouste saam met Elia gewerk.”