2 Kings 3:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Joram, die seun van Agab, het in Samaría oor Israel begin regeer, die agtiende jaar van Jósafat, die koning van Juda, en hy het twaalf jaar geregeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Agab se seun Joram het in die agtiende regeringsjaar van koning Josafat van Juda koning van Israel geword. Hy het twaalf jaar in Samaria regeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Joram, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samar¡a in die agttiende jaar van Josafat, die koning van Juda, en hy het twaalf jaar geregeer. |
| Afrikaans 1983 | Joram seun van Agab het in Samaria koning oor Israel geword in die agtiende regeringsjaar van koning Josafat van Juda. Hy was twaalf jaar lank koning. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Joram, seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samaria in die agttiende regeringsjaar van Josafat, koning van Juda. Hy het twaalf jaar lank regeer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Joram seun van Agab het in Samaria koning van Israel geword in die agtiende jaar nadat Josafat koning van Juda geword het. Joram was twaalf jaar lank koning. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Israel se nuwe koning was Joram, nog ’n seun van Agab. Hy het koning geword toe Josafat van Juda al agtien jaar lank koning was. Joram het vir twaalf jaar in Samaria regeer. |