2 Kings 25:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die vyfde maand, op die sewende dag van die maand, dit is die negentiende jaar van koning Nebukadnésar, die koning van Babel, het Nebusaradan, owerste van die lyfwag, 'n dienaar van die koning van Babel, na Jerusalem gekom;
Afrikaans (NLV) 2011 In die vyfde maand, op die sewende van die maand, in die negentiende jaar van koning Nebukadnesar se bewind in Babel, het Nebusaradan in Jerusalem aangekom. Hy was die hoof van die lyfwag en ’n amptenaar van die koning van Babel.
Afrikaans 1933/1953 En in die vyfde maand, op die sewende van die maand -- dit was die negentiende jaar van koning Nebukadn,sar, die koning van Babel -- het Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, die dienaar van die koning van Babel, in Jerusalem gekom.
Afrikaans 1983 In die vyfde maand, op die sewende van die maand, in die negentiende regeringsjaar van koning Nebukadnesar van Babel het Nebusaradan by Jerusalem aangekom. Hy was hoof van die lyfwag en amptenaar van die koning van Babel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die vyfde maand, op die sewende dag van die maand – dit was die negentiende regeringsjaar van koning Nebukadnesar, die koning van Babilonië – het Nebusaradan, die •aanvoerder van die lyfwag, die dienaar van die koning van Babilonië, by Jerusalem aangekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nebusaradan, die hoof-offisier en amptenaar van die koning van Babel, het na Jerusalem gekom in die vyfde maand, op die sewende dag van die maand, in die 19de jaar nadat Nebukadnesar koning van Babel geword het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nebusaradan, een van Nebukadnesar se offisiere en vertrouelinge, is gestuur om Jerusalem te gaan vernietig. Dit was op die sewende dag van die vyfde maand in die negentiende jaar wat Nebukadnesar regeer het.