2 Kings 25:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die seuns van Sedekía voor sy oë gedood en die oë van Sedekía uitgesteek en hom met koperkettings geboei en hom na Babel gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning van Babel het al sy seuns voor Sedekia doodgemaak. Daarna het hulle sy oë uitgesteek, hom met bronskettings geboei en na Babel toe geneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het die seuns van Sedek¡a voor sy oë geslag. En hy het die oë van Sedek¡a laat verblind en hom met koperkettings gebind en hom na Babel gebring. |
| Afrikaans 1983 | en toe het hulle sy seuns voor sy oë geslag, sý oë uitgesteek, hom met bronskettings geboei en na Babel toe gevat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die seuns van Sedekia het hulle voor sy oë tereggestel. Sedekia se oë het hy verblind; hy het hom met bronsboeie geboei en na Babel geneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die seuns van Sedekia doodgemaak, en Sedekia moes kyk terwyl hulle dit doen. Toe het hulle Sedekia se oë uitgesteek en hulle het hom met kettings vasgebind en na Babel gevat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy moes kyk hoe sy seuns doodgemaak word en toe is sy oë uitgesteek. Daarna is hy met ’n ketting vasgemaak en na Babel toe weggevat. |