2 Kings 25:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die leër van die Chaldeërs het die koning agternagesit en hom in die vlaktes van Jérigo ingehaal, en sy hele leër is van hom af verstrooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die Galdese leër het hulle agternagesit en die koning op die Jerigovlakte ingehaal. Teen hierdie tyd was al sy manskappe van hom af verstrooi.
Afrikaans 1933/1953 Maar die leër van die Chaldeërs het die koning agternagejaag en hom in die vlaktes van J,rigo ingehaal, en sy hele leër is van hom af verstrooi.
Afrikaans 1983 maar die Galdese leër het die koning agtervolg en hom ingehaal op die Jerigovlakte. Sy hele leër was toe al uitmekaargejaag, weg van hom af,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die leër van die Galdeërs het die koning agternagesit en hom op die vlaktes by Jerigo ingehaal. Sy hele leër het verstrooi geraak, weg van hom af.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die soldate van die Galdeërs het die koning gevolg en gejaag en hulle het hom gekry op die droë, gelyk grond by Jerigo. Al sy soldate het na al die kante toe gevlug, weg van hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Babiloniese soldate het hulle egter agtervolg en die koning op die vlakte by Jerigo ingehaal en gevang.