2 Kings 25:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die stad is opgebreek, en al die krygsmanne het in die nag gevlug deur die poort tussen twee mure wat by die tuin van die koning is; en die Chaldeërs was teen die stad rondom, en die koning het gegaan pad na die vlakte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe is ’n opening in die stadsmuur gemaak waardeur al die soldate gedurende die nag ontsnap het. Hulle het deur die opening tussen die twee mure by die koning se tuin gevlug hoewel daar Galdeërs rondom die stad was, en het in die rigting van die Jordaanvallei gevlug. |
| Afrikaans 1933/1953 | is in die stad ingebreek, en al die krygsmanne is in die nag deur die poort, tussen die twee mure wat by die koning se tuin is, terwyl die Chaldeërs rondom teen die stad was; en die koning het getrek op pad na die Vlakte toe. |
| Afrikaans 1983 | Toe is daar 'n opening in die muur gebreek, en al die soldate het in die nag gevlug deur die poort tussen die twee mure langs die Koningstuin ten spyte daarvan dat daar Galdeërs rondom die stad was. Die soldate het in die rigting van die Jordaanvallei gevlug, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | is 'n bres in die stadsmuur geslaan. Al die krygsmanne is in die nag met die pad uit, deur die poort tussen die twee mure by die koning se tuin, terwyl die Galdeërs oral om die stad was. Hulle het in die rigting van die Araba gegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die soldate van Babel het oor die muur begin kom, en die soldate van Jerusalem het in die nag begin vlug deur die poort tussen die twee mure, op die pad na die koning se tuin. Die Galdeërs was rondom die stad, en koning Sedekia het op die pad na die Jordaan-vallei probeer wegkom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dié nag is daar ’n gat deur die stadsmuur gebreek en die soldate het probeer vlug. Al het hulle geweet dat die Babiloniese soldate die stad omring, het hulle in die rigting van die Jordaanrivier probeer wegkom. |