2 Kings 25:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het sy tronkklere verander, en hy het gedurigdeur voor sy aangesig brood geëet al die dae van sy lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jojagin is toegelaat om sy tronkklere uit te trek en kon vir die res van sy lewe van die koninklike voorrade lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het sy gevangenisklere verwissel; en hy het gedurigdeur brood voor sy aangesig geëet, al die dae van sy lewe. |
| Afrikaans 1983 | Jojagin kon sy gevangenisklere uittrek en het so lank as hy gelewe het, aan die koning se tafel geëet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en hy kon sy gevangenisklere uittrek. Hy het altyd, solank hy geleef het, aan die koning se tafel geëet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jojagin kon sy tronk-klere uittrek en hy kon by die koning se tafel eet totdat hy gesterf het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het vir Jojagin nuwe klere in plaas van sy tronkklere gegee en hom vir die res van sy lewe aan die koninklike tafel laat eet. |