2 Kings 25:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het gebeur in die sewe en dertigste jaar van die ballingskap van Jojagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die sewe en twintigste dag van die maand, dat Evilmerodak, die koning van Babel, in die jaar wat hy begin regeer het, opgehef het en die hoof van Jójagin, die koning van Juda, uit die tronk op; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die 37ste jaar van die ballingskap van koning Jojagin van Juda, op die 27ste van die twaalfde maand, het Ewil-Merodak koning van Babel geword en Jojagin uit die gevangenis vrygelaat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die sewe en dertigste jaar van die ballingskap van Jojagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die sewe en twintigste van die maand, het Evil-Merodag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging, Jojagin, die koning van Juda, uit die gevangenis verhef. |
| Afrikaans 1983 | In die sewe en dertigste jaar van die ballingskap van koning Jojagin van Juda, op die sewe en twintigste van die twaalfde maand, het Ewil-Merodak, wat pas koning van Babel geword het, vir koning Jojagin van Juda uit die gevangenis vrygelaat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die sewe-en-dertigste jaar van die ballingskap van Jojagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die sewe-en-twintigste van die maand, het Ewil-Merodag, die koning van Babilonië, in die jaar toe hy koning geword het, Jojagin, die koning van Juda uit die gevangenis vrygelaat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die sewe-en-dertigste jaar nadat koning Jojagin van Juda 'n gevangene geword het, het koning Ewil-Merodak van Babel vir Jojagin uit die tronk laat uitkom. Dit was in die twaalfde maand, op die sewe-en-twintigste dag van die maand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In koning Jojagin se 37ste jaar as gevangene in Babel het Ewil-Merodak koning van Babel geword. Op die 27ste dag van die twaalfde maand het hy Jojagin begenadig. Hy het hom uit die tronk vrygelaat, |