2 Kings 25:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hele volk, klein en groot, en die owerstes van die leërs, het opgestaan en na Egipte gekom, want hulle was bang vir die Chaldeërs. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het almal, klein en groot, uit vrees vir die Galdeërs paniekbevange saam met die leërbevelvoerders na Egipte toe gevlug. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die hele volk, klein en groot, hulle gereedgemaak, saam met die owerstes van die leërs, en na Egipte gegaan, want hulle was bevrees vir die Chaldeërs. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het almal, klein en groot, saam met die leëraanvoerders na Egipte toe gevlug uit vrees vir die Galdeërs. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het die hele volk, klein en groot, gereedgemaak en saam met die aanvoerders van die krygsmag na Egipte gegaan, omdat hulle bang was vir die Galdeërs. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het al die mense, kinders en grootmense, en ook die hoofde van die leër, gereedgemaak en na Egipte gegaan, want hulle was bang vir die Galdeërs. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het al wat Judeër is, belangrik en onbelangrik, asook die leëroffisiere Egipte toe gevlug. Hulle was bang vir wat die Babiloniërs met hulle sou doen. |