2 Kings 25:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Gedálja het vir hulle en hulle manne gesweer en vir hulle gesê: Wees nie bevrees om die dienaars van die Chaldeërs te wees nie; woon in die land en dien die koning van Babel; en dit sal met jou goed gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gedalja verseker toe vir hulle met ’n eed: “Moenie bang wees vir die Galdese amptenare nie. Bly in die land en dien die koning van Babel, dan sal dit goed gaan met julle.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ged lja het vir hulle en hul manne gesweer en aan hulle gesê: Wees nie bevrees vir die dienaars van die Chaldeërs nie, bly in die land en dien die koning van Babel; dan sal dit met julle goed gaan. |
| Afrikaans 1983 | Gedalja het hulle en hulle manne met 'n eed verseker: “Moenie bang wees vir die Galdese amptenare nie. Bly in die land en onderwerp julle aan die koning van Babel, dan sal dit goed gaan met julle.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gedalja het vir hulle en vir hulle manskappe 'n eed afgelê en vir hulle gesê: “Moenie bang wees vir die amptenare van die Galdeërs nie. Bly in die land en dien die koning van Babilonië, dan sal dit goed gaan met julle.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gedalja het vir die offisiere en hulle manne gesê: “So seker soos die Here lewe, julle moenie bang wees vir die amptenare van die Galdeërs nie. Julle moet in die land woon en vir die koning van Babel werk, dan sal dit goed gaan met julle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gedalja het hulle verseker dat hulle veilig was. Hy het gesê: “Moenie bang wees vir die amptenare uit Babel nie. Bly in die land en wees gehoorsaam aan die koning van Babel. Dan sal alles goed gaan.” |