2 Kings 25:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe al die owerstes van die leërs, hulle en hulle manne, hoor dat die koning van Babel Gedalja goewerneur aangestel het, het by Gedalja in Mispa gekom: Ismael, die seun van Netánja, en Johanan, die seun van Careag, en Seraja, die seun van Tanhumet, die Netofatiet, en Jaäsanja, die seun van 'n Maägatiet, hulle en hulle manne.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die leërbevelvoerders en hulle manskappe hoor dat die koning van Babel vir Gedalja as goewerneur aangestel het, het hulle na hom toe gegaan in Mispa. Dit was Ismael seun van Netanja, Joganan seun van Kareag, Seraja seun van Tangumet uit Netufa, en Jaäsanja uit Maäka en al hulle manskappe.
Afrikaans 1933/1953 En toe al die owerstes van die leërs, hulle en die manne, hoor dat die koning van Babel Ged lja aangestel het, kom hulle na Ged lja, na Mispa, naamlik: Ismael, die seun van Net nja, en Johanan, die seun van Kar,ag, en Ser ja, die seun van T nhumet, die Netofatiet, en Jaäs nja, die seun van die Maägatiet, hulle met hul manne.
Afrikaans 1983 Toe die leëraanvoerders en hulle manskappe hoor dat die koning van Babel vir Gedalja aangestel het, het hulle na hom toe gegaan in Mispa. Die aanvoerders was Ismael seun van Netanja, Joganan seun van Kareag, Seraja seun van Tangumet uit Netofa, en Jaäsanja uit Maäka.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe al die bevelvoerders van die leërafdelings, hulle en die manskappe, hoor dat die koning van Babilonië vir Gedalja aangestel het, het hulle na Gedalja in Mispa gegaan. Dit was Ismael, seun van Netanja, Joganan, seun van Kareag, Seraja, seun van Tangumet uit Netofa, en Jaäsanja, die seun van 'n man uit Maäga, hulle en hulle manskappe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe al die hoofde van die leër en hulle manne hoor dat die koning van Babel vir Gedalja aangestel het, het hulle na Gedalja toe in Mispa gegaan. Dit was Ismael seun van Netanja, Joganan seun van Kareag, Seraja seun van Tangumet van die stad Netofa, en Jaäsanja van die stad Maäka, en hulle manne.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die offisiere en soldate hoor dat Gedalja aangestel is, het hulle na hom toe gegaan waar hy in die dorp Mispa was. Die betrokke leiers was Ismael, Joganan, Seraja en Jaäsanja.