2 Kings 25:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wat die volk betref wat in die land Juda oorgebly het, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, oorgelaat het, oor hulle het hy Gedalja, die seun van Ahikam, die seun van Safan, as vors aangestel.
Afrikaans (NLV) 2011 Nebukadnesar stel toe vir Gedalja seun van Agikam en kleinseun van Safan as goewerneur aan oor die mense wat hy in Juda laat oorbly het.
Afrikaans 1933/1953 En wat die mense betref wat in die land Juda oorgebly het, wat Nebukadn,sar, die koning van Babel, laat agterbly het, oor hulle het hy Ged lja, die seun van Ah¡kam, die seun van Safan, aangestel.
Afrikaans 1983 Oor die mense wat in Juda oor was, dié wat deur koning Nebukadnesar van Babel toegelaat is om daar te bly, het hy vir Gedalja, seun van Agikam seun van Safan, aangestel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oor die mense wat in die gebied van Juda oorgebly het, dié wat Nebukadnesar, die koning van Babilonië, agtergelaat het, oor hulle het hy Gedalja, seun van Agikam, seun van Safan, aangestel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Nebukadnesar het vir Gedalja seun van Agikam seun van Safan gekies en aangestel oor die mense wat hy in die land Juda laat bly het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nebukadnesar het Gedalja aangestel as goewerneur oor die mense wat hy toegelaat het om in Juda agter te bly.