2 Kings 25:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En uit die stad het hy 'n offisier geneem wat oor die krygsmanne aangestel was, en vyf manne van die wat in die teenwoordigheid van die koning was, wat in die stad gevind is, en die hoofskriba van die leër, wat die mense van die land en sestig man van die mense van die land wat in die stad gevind is; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Uit die mense wat nog in die stad was, het hy ’n offisier in bevel van die soldate, vyf van die koning se vertrouelinge, die sekretaris van die hoof van die leër wat vir die oproep van die burgers verantwoordelik was, en 60 ander burgers saamgeneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En uit die stad het hy geneem een hofdienaar wat oor die krygsmanne aangestel was, en vyf man uit die wat die koning se aangesig gesien het, wat in die stad aanwesig was, en die skrywer van die leërowerste wat die mense van die land vir krygsdiens oproep, en sestig man van die mense van die land wat in die stad aanwesig was. |
| Afrikaans 1983 | In die stad het hy die offisier gevange geneem wat in bevel was van die soldate. Daar was ook nog vyf van die koning se vertrouelinge in die stad, die sekretaris van die hoof van die leër wat vir die oproep van die burgers verantwoordelik was, en sestig van die burgers. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en uit die stad het hy een paleisamptenaar wat oor die krygsmanne aangestel was, saam met vyf manne wat die koning bygestaan het en wat nog in die stad aangetref kon word, asook die sekretaris, die •hoë amptenaar van die leër wat die oproep vir die volk van die land se krygsdiens hanteer het, en sestig man van die volk van die land wat in die stad te vinde was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het ook uit die stad een offisier geneem wat die hoof was van die soldate, en ook vyf van die koning se raadgewers wat in die stad was, en die sekretaris van die hoof van die leër wat die mense van die land moes roep om oorlog te maak, en ook 60 van die belangrike mense van die land wat toe in die stad was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die stad het hy ook die offisier gevang wat in bevel van die soldate was, saam met vyf vriende van die koning en die hoof van die leër se sekretaris wat soldate moes oproep, asook ’n verdere 60 burgers. |