2 Kings 25:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die owerste van die lyfwag het Serája, die hoofpriester, en Sefanja, die tweede priester, en die drie deurwagters geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hoof van die lyfwag het die hoëpriester Seraja, die priester tweede in rang, Sefanja, en drie poortwagters as gevangenes saamgeneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het die owerste van die lyfwag Ser ja, die hoofpriester, geneem en Sef nja, die tweede priester, en die drie drumpelwagters. |
| Afrikaans 1983 | Die hoof van die lyfwag het die hoëpriester Seraja, die priester tweede in rang, Sefanja, en die drie drumpelwagte gevange saamgevat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die aanvoerder van die lyfwag het die hoëpriester Seraja, Sefanja, die priester tweede in rang, en die drie deurwagters geneem; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hoof-offisier het die hoëpriester Seraja gevang en ook die tweede priester, Sefanja, en die drie drumpelwagte. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nebusaradan het nog ’n klomp mense in Jerusalem gevange geneem. Onder hulle was die hoëpriester Seraja en die priester volgende in rang, Sefanja, asook drie deurwagte van die tempel. |