2 Kings 25:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die hoogte van die een pilaar was agttien el, en die kapiteel daarop van koper, en die hoogte van die kapiteel drie el; en die kranswerk en granaatjies rondom aan die kapiteel, alles van koper; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elke pilaar was agt meter hoog en die bronskapiteel bo-op was ’n derde meter hoog. Die rooster met die granate om die kapiteel was van brons. Die ander pilaar en sy rooster het net so gelyk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die hoogte van een pilaar was agttien el, en 'n kapiteel van koper was daarop, en die hoogte van die kapiteel was drie el; met vlegwerk en granaatjies op die kapiteel rondom, alles van koper; en net so aan die tweede pilaar, met die vlegwerk. |
| Afrikaans 1983 | Elke pilaar was ag meter, en die bronskapiteel bo-op was een en 'n derde meter hoog. Die rooster met die granate om die kapiteel was heeltemal van brons. Die ander pilaar en sy rooster was dieselfde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agttien el was die hoogte van elke pilaar. Daar was 'n bronskapiteel bo-op, en die hoogte van die kapiteel was drie el, met vlegwerk en granate reg rondom die kapiteel, alles van brons. Dieselfde geld vir die tweede pilaar met sy vlegwerk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke pilaar was 18 el hoog, en die kopstuk bo-op was van brons en dit was drie el hoog. Daar was granate van brons rondom elke kopstuk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Om ’n voorbeeld te noem: die twee pilare was elk agt meter hoog en die bronskapiteel bo-op was een en ’n derde meter hoog. Die rooster met die granate wat bo-op die kapitele was, was net van brons gemaak. |