2 Kings 25:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die twee pilare, een see, en die afspoelwaentjies wat Salomo vir die huis van die HERE gemaak het; die koper van al hierdie voorwerpe was sonder gewig.
Afrikaans (NLV) 2011 Die brons van die twee pilare, die waterbak en die waentjies was te veel om te weeg. Hierdie voorwerpe is in die tyd van koning Salomo vir die Here se tempel gemaak.
Afrikaans 1933/1953 die twee pilare, die een see en die afspoelwaentjies wat Salomo vir die huis van die HERE gemaak het -- die koper van al hierdie voorwerpe kon nie geweeg word nie.
Afrikaans 1983 Die brons van die twee pilare, die waterbak en die waentjies wat deur Salomo vir die huis van die Here gemaak is, was soveel dat dit nie geweeg kon word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat betref die twee pilare, die een see en die verskuifbare staanders wat Salomo vir die huis van die Here gemaak het – die brons van al hierdie voorwerpe kon nie geweeg word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die twee pilare, die waterbak, en die waentjies wat Salomo vir die tempel laat maak het, was so swaar dat 'n mens dit nie kon weeg nie. Al hierdie goed was van brons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die brons wat hulle van die tempel af weggeneem het, is vroeër deur koning Salomo vir die tempel laat maak. Dit was sóveel dat dit nie geweeg kon word nie.