2 Kings 25:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die potte en die skoppe en die snuiters en die lepels en al die kopervoorwerpe waarmee hulle gedien het, het hulle weggeneem.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het ook die potte, skoppe, skêre en panne, asook al die bronswerktuie wat in die tempeldiens gebruik is, weggevat.
Afrikaans 1933/1953 Ook het hulle weggeneem die potte en skoppe en messe en rookpanne en al die kopergereedskap waarmee die diens verrig is.
Afrikaans 1983 Hulle het die potte, die skoppe, die skêre en die panne saamgevat, en al die ander bronsgoed wat in die tempeldiens gebruik is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die potte, skoppies, messe, skottels, en al die bronsgereedskap waarmee die tempeldiens verrig is, het hulle gevat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het ook die potte, die grawe en die messe, die bakke en al die goed van brons gevat. Dit was die goed wat die priesters by die tempel gebruik het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dieselfde het gebeur met die kleiner bronsvoorwerpe, soos die potte, grawe, skêre, panne en ander gereedskap wat in die tempel gebruik is.