2 Kings 25:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koperpilare wat in die huis van die HERE was, en die afspoelwaentjies en die kopersee wat in die huis van die HERE was, het die Chaldeërs stukkend gebreek en die koper daarvan na Babel geneem.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Galdeërs het die bronspilare, die waentjies en die bronswaterbak wat by die tempel van die Here was, stukkend gebreek en die brons na Babel toe gevat.
Afrikaans 1933/1953 Verder het die Chaldeërs die koperpilare wat in die huis van die HERE was, en die afspoelwaentjies en die kopersee wat in die huis van die HERE was, stukkend gebreek en die koper daarvan na Babel weggevoer.
Afrikaans 1983 Die Galdeërs het die bronspilare, die waentjies en die bronswaterbak wat by die huis van die Here was, stukkend geslaan en die brons na Babel toe gevat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die bronspilare wat in die huis van die Here was en die verskuifbare staanders, asook die bronssee wat in die huis van die Here was, het die Galdeërs stukkend gebreek, en die brons na Babel weggedra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Galdeërs het die pilare stukkend geslaan wat by die tempel was, en ook die waentjies en die waterbak van brons wat by die tempel was, en hulle het die brons weggevat na Babel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die soldate het al die brons in die tempel bymekaargemaak. Hulle het die bronspilare, die bronswaterkarretjies en groot bronswaterbak opgebreek en die metaal Babel toe gevat.