2 Kings 25:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die res van die volk wat in die stad oorgebly het en die vlugtelinge wat na die koning van Babel oorgeval het, saam met die oorblyfsel van die menigte, het Nebusaradan, die owerste van die lyfwag, weggevoer.
Afrikaans (NLV) 2011 Nebusaradan, hoof van die lyfwag, het verder die mense wat in die stad agtergebly het, dié wat na die koning van Babel oorgeloop het en almal wat oorgebly het, in ballingskap weggeneem.
Afrikaans 1933/1953 En die res van die volk wat in die stad oorgebly het, en die oorlopers wat na die koning van Babel oorgeloop het -- die oorblyfsel van die menigte het Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, in ballingskap weggevoer.
Afrikaans 1983 Die mense wat in die stad oor was, ook dié wat na die koning van Babel toe oorgeloop het, al wat van die groot stadsbevolking oorgebly het, is gevange weggevoer deur Nebusaradan die hoof van die lyfwag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die res van die bevolking wat nog in die stad oorgebly het, asook die drosters wat na die koning van Babilonië oorgeloop het, die massa mense wat oor was, is deur Nebusaradan, die aanvoerder van die lyfwag, in ballingskap weggevoer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoof-offisier Nebusaradan het die mense gevang wat nog in die stad was. Hy het ook die mense gevang en weggevat wat self besluit het om na die koning van Babel toe te gaan. Hulle was die mense wat oorgebly het van al die baie mense in die stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die res van die mense in Jerusalem, almal wat nog in die stad oor was en dié wat voorheen na die Babiloniërs oorgeloop het, is deur Nebusaradan na Babel toe weggevoer.