2 Kings 25:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die negende jaar van sy regering, in die tiende maand, op die tiende van die maand, het Nebukadnésar, die koning van Babel, hy en sy hele leër teen Jerusalem gekom en daarteen opgeslaan; en hulle het forte daarteen gebou rondom.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was in die negende jaar van Sedekia se bewind in Jerusalem. Op die tiende dag van die tiende maand het koning Nebukadnesar van Babel met sy hele leër teen Jerusalem opgetrek. Hulle het by die stad kamp opgeslaan en beleëringswalle rondom teen die mure opgehoop.
Afrikaans 1933/1953 En in die negende jaar van sy regering, in die tiende maand, op die tiende van die maand, het Nebukadn,sar, die koning van Babel, gekom, hy en sy hele leër, teen Jerusalem en daarteen laer opgeslaan en daarteen skanse rondom gebou.
Afrikaans 1983 en in die negende regeringsjaar van Sedekia, op die tiende dag van die tiende maand, het koning Nebukadnesar van Babel met sy hele leër met 'n aanval op Jerusalem begin. Hy het kamp opgeslaan by die stad en 'n beleëringswal rondom die stad gebou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die negende jaar van Sedekia se regering, in die tiende maand, op die tiende van die maand, het •Nebukadnesar, die koning van Babilonië, by Jerusalem aangekom, hy met sy hele leër, en dit beleër. Hy het beleëringswerke reg rondom die stad opgerig,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en in die negende jaar nadat Nebukadnesar koning van Babel geword het, het Nebukadnesar en al sy soldate gekom om Jerusalem aan te val. Hy het sy tente laat opslaan rondom die stad en hulle het begin om 'n grondwal om die stad te bou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was in die negende jaar wat Sedekia regeer het. Op die tiende dag van die tiende maand het Nebukadnesar met sy hele leër by Jerusalem opgedaag en die stad omsingel. Die inwoners is van die buitewêreld afgesny.