2 Kings 24:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning van Egipte het nie meer uit sy land teruggekom nie, want die koning van Babel het van die rivier van Egipte af tot by die Eufraatrivier alles geneem wat aan die koning van Egipte behoort het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning van Egipte het daarna nooit weer buite sy land oorlog gemaak nie, want die koning van Babel het die hele gebied beset wat Egipte voorheen oorheers het, vanaf die Egiptespruit tot by die Eufraatrivier. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning van Egipte het nie verder meer uit sy land uitgetrek nie, want die koning van Babel het van die spruit van Egipte af tot by die Eufraatrivier alles geneem wat aan die koning van Egipte behoort het. |
| Afrikaans 1983 | Die koning van Egipte het nie weer 'n veldtog buite sy land aangepak nie, want die koning van Babel het die gebied van Egiptespruit af tot aan die Eufraat verower, die hele gebied wat voorheen aan die koning van Egipte behoort het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning van Egipte het nie meer op veldtogte uit sy land getrek nie, want die koning van Babilonië het van die Spruit van Egipte af tot by die Eufraatrivier alles afgeneem wat aan die koning van Egipte behoort het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Egipte kon nie weer uit sy land kom nie, want die koning van Babel het al die lande gevat wat aan die koning van Egipte behoort het, alles van Egipte-spruit tot by die Eufraat-rivier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning van Egipte het na dié tyd nooit weer buite Egipte opgetree nie, want die koning van Babel het die hele gebied tussen die Egiptespruit en die Eufraatrivier beset wat voorheen deur Egipte beheer is. |